CALL US

MEES ALGEMENE VRAE

MEES ALGEMENE VRAE

Algemene probleme, vrae en bekommernisse wat kliënte oor Lutz Studentekamers het

Die eiendom bestaan uit drie verdiepings met kantore op die grondvloer en ses groot studentewoonstelle op die middelste- en boonste verdiepings. Die woonstelle wissel in grootte van vyf kamers tot tien kamers per woonstel. Die woonstelle bied ‘n keuse van enkel- en dubbelkonfigurasies en is ingerig met die noodsaaklikhede om ‘n gemaklike verblyf te verseker.

Ligging van die Lutz?

Dit is baie sentraal geleë in die studentekern van die dorp, oorkant die Universiteit Stellenbosch (US) se “Ou Hoofgebou”, naby “Admin A” en langs die “Kruiskerk”. Ons fisiese adres is Victoriastraat 11, Stellenbosch. Die ingang is by die openbare parkeerarea, oorkant Eikestad Mall.

Konsep?

Die 6 woonstelle het elkeen hul eie leefarea, kombuis en badkamer(s). In woonstelle 3 en 4 is daar aparte badkamers vir mans en dames. In elke slaapkamer is daar basiese meubels soos ‘n bed, lessenaar, stoel en klerekas. Studente voorsien hul eie matrasse. In die kombuis en/of leefareas is daar ‘n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, induksiestoof, privaat kruidenierskas, tafel, stoele en rusbanke.

Deposito?

Die deposito is terugbetaalbaar slegs nadat die kontrak verstryk het – en nadat breekskade, boetes, uitstaande privaat yskasheffings en die skoonmaakkoste van die jaar (slegs waar van toepassing) – afgetrek is.

Huur Termyn?

Die gewone praktyk op Stellenbosch is dat akkommodasie vir studente verhuur word vir ‘n vasgestelde periode van 12 maande – van 1 Desember 2019 tot 30 November 2020. (As u, u goedere uit byvoorbeeld u koshuis moet skuif, kan u dit doen vanaf 1 Desember voordat u met vakansie gaan.)

Rook beleid?

Rook is verbode in die gebou. U is ook verantwoordelik vir u gaste se optrede. Geen Hookah pype word op ‘n perseel toegelaat nie.

Wat is in die kombuis?

Elke student het ‘n sluitbare kassie vir kruideniersware. Daar is kombuistafel / kombuis blad en stoele, ‘n groot vullisblik, ‘n groot herwin drom, ‘n “hotplate”, mikrogolfoond en ys-/vrieskas.

Wat is in die Sit area?

Bank(e), tafel en stoele.

Wat is in die Badkamers?

Stort(e), wasbakke en toilet.

Wat is in die Slaapkamers?

Enkelbed, klerekas, studeertafel, stoel, vertikale blindings, gordynstawe, handdoek-haak.

Wi-Fi (Alg internet toegang)?

Die gebruikernaam en wagwoord vir die GRATIS hoë snelheid, onbeperkte internet (Ts & C’s is van toepassing), word in die koevert ingesluit saam met u stel sleutels. Slegs een toestel kan op een slag gekoppel word. Moenie u wagwoord aan vriende bekend maak nie – hou die lyn slegs beskikbaar vir die gebruik van die Lutz Studente!

Spaar ons water in Lutz?

Die Lutz-gebou herwin die stortwater (na skoonmaak) vir gebruik in die toilette. Doen asseblief u deel deur nie onder lopende water te spoel nie, rapporteer enige lekkende krane en neem ‘n “minder dan 2-minute stort”.

Watter winkels is naby die Lutz?

Die Lutz-gebou is oorkant die Eikestad Mall met winkels (onder meer) soos Checkers, Woolworths, Game and Food Lover’s Market, asook baie kitskoswinkels, waaronder King Pie, McDonalds, Spur, ens. Besoek www.eikestadmall.co.za vir meer inligting.

Wat moet ek saambring?

Voorsien u eie matras as u nie tevrede is met die matras op die bed nie. Die Bergzicht-meubelwinkel is naby en hulle sal aflewer. Bring ook jou eie beddegoed, handdoeke, breekware, messegoed, kookgerei en skoonmaakmiddels vir die kombuis.

Wassery/Wasgoed?

Wasgoed kan gedoen word by Bergzicht Wassery, Andringa St (oorkant die Lutz-gebou). Oop vanaf 15:00 – 21:00. U het die opsie om dan self wasgoed te doen, of om tussen 08:30 en 15:00 dit in te handig en later weer op te tel. Daar is wasgoed rame in die badkamers vir kleiner items wat sommer met die hand gewas word.

Parkering?

As u in die Lutz bly, het u nie ‘n motor nodig nie. Beide UBER en BOLT is baie aktief op Stellenbosch. Die Lutz-gebou is sentraal geleë ten opsigte van sowel die Universiteit as die winkels en ‘n voertuig en ‘n voertuig is dus onnodig. Die gebou is langs die openbare parkeerarea oorkant die Eikestad Mall. Matie Fietse (Nederlandse fietse) is beskikbaar vir verhuring per jaar van die US Voertuigpoel. Slegs openbare parkeerplek is voor die Lutz-gebou beskikbaar. Parkeerplek op die perseel is slegs vir kantoorpersoneel. GEEN parkeerplek is beskikbaar vir studente op die perseel nie.

Huis Reëls?

Die Huisreëls-en-Regulasies – “T & C’s” (Addendum “B”) vorm deel van die Huurkontrak. In die geval van herhaalde oortreding van enige van die Huisreëls-en-Regulasies, bv. rook in die gebou of die misbruik van drank, kan ‘n boete gehef word en / of die Huurooreenkoms gekanselleer word, sonder benadeling van enige van ons regte om onbetaalde huur en skadevergoeding te eis.

Hoe om aansoek te doen:

1. Gaan na die webwerf en kies ‘n kamer
2. Voltooi die aangehegte aansoekvorm
3. Stuur die volgende per e-pos aan info@lutzstudentrooms.co.za of gee dit af by die Lutz-gebou (Victoriastraat 11, Stellenbosch):
3.1. Die aansoekvorm (aangeheg)
3.2. Ouers/voogde ID of paspoort
3.3. Studente-ID of paspoort
3.4. Bewys van adres van ouers / voog
3.5. Bewys van betaling van R200 aansoekgeld
3.6 Afskrif van Junie 2021 se eksamen uitslae (NSFAS studente alleenlik)

Application form/Aansoek vorm

Give it a try, you can unsubscribe anytime.
× Message us